3 maande gelede
Meisie vreemd na eks se dood
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS ses jaar saam met ’n meisie en sy tree nou snaaks op ná die afsterwe van haar eks.

Volgens haar het hulle die afgelope ses jaar nie iets aangehad nie, maar sy rou nou so oor hom dat sy glad sý foto haar WhatsApp profile pic gemaak het.

Ek weet nou nie of ek verkeerd is nie, maar hulle was mos nie meer saam nie...

Hulle het ’n sesjarige kind saam en sy sê dit was dan haar kind se pa.

Dalk is ek verkeerd, maar my punt bly dat hulle mos nie meer saam was nie. – F van NC, WhatsApp

Hulle het ’n kind saam, ’n band wat hulle vir ewig bind.

Dis tog verstaanbaar dat sy platgeslaan is oor haar kind se pa se dood, selfs al was hulle nie meer saam nie.

Ons vroue is van emosies aanmekaar geweef.

Respekteer die fase van rou waardeur sy tans gaan. It’s not about you! Dis anyway nie asof sy jou een van die dae gaan los vir iemand wat ses voet diep in sy graf lê nie.

Daar is geen rede vir jou om so insecure te wees nie. Sy is mos saam met jou. Ondersteun haar, wees daar vir haar.

Is die feit dat sy al ses jaar by jou is dan nie ’n teken van haar commitment aan jou en julle verhouding nie? Jy hoef glad nie te voel asof jy in kompetisie met ’n dooie is nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters