3 maande gelede
Meisie stel nie in sy kos of klere belang nie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET ’n probleem met my girlfriend en weet nie meer wat om vir haar te sê nie.

Ons bly skel. Ek weet nie of daar ’n ander man in haar lewe is nie en sy wil ook nie my vrae hieroor beantwoord nie.

As ek vir haar goed koop, dan sê sy sy wil niks van my hê nie.

Ek is so jaloers op haar, maar sy wil dit nie aanvaar nie.

Sy groet my nie en wil nie hê ek moet haar soen nie.

Sy was al twee keer getroud en ek drie keer. Ek het haar ma gevra om met haar te trou en haar ma het ja gesê.

Ons gaan nou al vyf maande uit en ek koop vir haar kos en klere.

Ek het vir twee maande in haar huis gebly en wanneer sy by die werk was, het ek haar huis skoon­gemaak en kos gekook.

Alles was dan klaar wanneer sy tuisgekom het.

Ek weet nie of sy méér verwag van my nie. Ek dink sy is besig met ’n ander man.

Gee my asseblief raad, Antie.  Moedeloos, WhatsApp

Whoa, whoa, whoa! Reverse tog ’n bietjie die lorrie!

Jy was al drie keer getroud... en wil ná nog nie eens ’n halwe jaar nie weer met ’n ander vrou trou?

Antie sou bitter graag wou weet wat die rede vir ál jou egskeidings is.

Kan dit dalk hierdie jaloesie van jou wees wat jy in jou WhatsApp noem?

Kan dit wees dat dié selfde jaloesie hierdie meisie só afskrik dat sy nie eens in jou kos en klere belangstel nie?

Nee, man! Waarheen is jy dan so haastig op pad?

Jy is te vinnig uit die blokke en skrik duidelik hierdie meisie af met jou besitlikheid.

Antie dink nie daar is iemand anders in haar lewe nie. Ek glo regtig jy skrik hierdie girl af met jou intensiewe hofmakery.

Sy soek nie iemand wat haar huis skoon kan hou en kos kan kook nie, sy soek iemand wat haar genoeg sal adore om haar toe te laat om op haar eie asem te haal.

Jy versmoor hierdie meisie en as jy nie jou ways gaan change nie, gaan jy haar verloor.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters