2 maande gelede
Meisie soek weer ou terug ná sy hom dump
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET my boyfriend gelos, maar ek is nog baie lief vir hom.

Ek is spyt oor my besluit, en hy aanvaar dinge tussen ons is verby.

Antie, ek het hom gevra om my nog ’n kans te gee, want ek kan nie sonder hom nie.

Doen ek die regte ding om vir nog ’n kans te vra? via WhatsApp

Hoekom klink dit dan of jy nie jou mind kan opmaak nie, liefie?

Wil jy of wil jy nie hierdie man hê nie? Maak eers daarvan seker voordat jy hierdie ou weer disap­point.

Jy brei nie uit oor die redes hoekom jy hom afgesê het nie en Antie kan nie hieroor in die donker rondtas nie.

Dink altyd ’n ding eers goed deur voordat jy besluite in die lewe neem.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters