Verlede maand
Meisie soek manlike aandag
Auntie Mona
Auntie Mona  ~ ~

Liewe Antie Mona

EK IS C, 25 jaar oud en nou reeds vyf jaar single.

Antie, ek het nou reeds drie jaar nie seks gehad nie omdat my werk die meeste van my tyd opvat.

Ek werk al sedert ek klaargemaak het met skool.

Ek werk 12 ure ’n dag, 7 dae ’n week.

Antie, ek is bang ek gaan eendag alleen oud word. Al my vriendinne het outjies en is baie gelukkig. Dis net ek wat nie in ’n verhouding is nie.

Ek het al outjies gehad, maar hulle het my almal gedrop omdat ek so baie moet werk.

As ek die dag af is, is ek te moeg om te kuier.

Hoe kan ek werk en my so­cial life balanseer?

Ek soek ook aandag van ’n man en wil ook graag voel hoe dit is om verlief te wees. – Baie Besig, Whats­App

Dit is in vandag se tyd verskriklik moeilik om ’n balans te handhaaf.

Maar ’n mens kan ook nie net wil werk tot kingdom come nie.

Gesels ’n bietjie met jou baas oor die moontlikheid om jou werksure/dae te verander sodat jy meer vry-tyd kan hê. (Pun definitief intended.)

Jy is nog jonk en darem nog bitter ver van op die rak sit, maar die somer is op pad en dit sal jou goed doen as jy ’n bietjie meer tyd saam met jou vriende kan spandeer.

En wie weet? Dalk ook terselfdertyd die liefde van jou lewe raakloop?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters