9 dae gelede
Meisie se lelikheid vertraag die troue
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

Ek is 52 en my girlfriend is 36 jaar oud.

Ons het ’n baby van ’n jaar oud en ek wil graag met my girlfriend trou.

Maar soms is sy so lelik met my oor ek haar ander twee kinders wil reghelp.

Hulle het baie slegte maniere. Moet ek maar ander pad kyk en hulle los? Moedeloos, WhatsApp

Wanneer dit by die opvoeding van kinders kom, kan ouers baie sen­sitief wees – soos jy self nou agtergekom het.

Sy voel natuurlik offended oor jy te kenne wil gee dat daar iets skort met die manier hoe sy haar kinders grootmaak.

Dit hang natuurlik af van hoe jy dissipline wil toepas. Moet net nie dat die kinders jou toesnou dat jy “nie hulle pa is nie”. Dis nie net ’n pa wat respek verdien nie.

Die beste raad wat Antie jou kan gee, is dat julle saam ooreenkom op ’n plan van hoe julle ál julle kinders wil grootmaak. Laat dan één stel reëls vir ál die kinders geld.

Dit gaan nie werk as jy die indruk skep dat jy van beter weet as dit by die opvoeding van kinders kom nie. Julle moet albei ’n gelyke sê hê wat die kinders betref.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters