8 dae gelede
Meisie nou spyt oor 'genotvolle seks' met berk se bestie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS K en my outjie is J.

Ons is nou al agt maande saam.

Ek het ’n week gelede met sy beste vriend geslaap en dit baie geniet.

Maar nou voel ek baie sleg daaroor. Moet ek J hiervan vertel?

Gee raad, asseblief. K, Whats­App

Ai, liefie. Dis duidelik dat jy nie goeie verhoudingmateriaal is nie.

En dat jou outjie se sogenaamde beste vriend nie sy vriendskap werd is nie.

Die waarheid gaan uitkom – of jy nou die een gaan wees wat K dit gaan vertel of nie.

Dit gaan natuurlik die einde van jul verhouding beteken, maar wat anders expect jy?

Julle is nou maar agt maande saam, maar jy was seker maar hoeka lus vir hierdie tjommie van hom.

Gun K sy freedom sodat hy iemand kan vind wie hom sal waardeer en hom nie met sy beste vriend sal verneuk nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters