Verlede maand
Meisie met ou smaak haar niggie se eks
Auntie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS L op K en is nou ses jaar in ’n verhouding.

Ek het ’n baba en is verlief op my niggie se eks. En hy op my.

Ons het al ’n ding aangehad, maar my niggie weet nie daarvan nie.

Ek wil ook nie my outjie seermaak nie, want hy is baie lief vir my.

Wat moet ek doen, Antie? Ek hou regtig baie van my niggie se eks. – Raadop, WhatsApp

Kan ’n mens nou so loop en stront soek wat kon gebly het?

Liefie, jou ou­tjie is dalk lief vir jou, maar jy voel clearly­ vere vir hom.

Wat Antie nie kan verstaan nie, is hoe jy ’n kind by ’n man loop lê en kry as jy feelings vir ’n ander man het.

Kan jy imagine die bom wat in jou familie gaan bars as jou niggie moet uitvind van wat julle in die verlede agter haar rug aangevang het en nou weer wil doen?

Hoe seker is jy hierdie ou is nie net agter nice times aan nie?

’n Man sal enigiets sê om jou panty-rek pap te kry, selfs dat hy jou kind as sy eie sal grootmaak ... Wat natuurlik ’n groot pot dinges sal wees.

Op die ou einde kan jy dan alleen wees, want g’n man sal jou agterna wil terughê nie.

Jy het baie om te verloor. Bitter baie.

Hier gaan dit nie net oor jou belustigheid vir ’n ander outjie nie.

Jy het ’n kind ook om te consider.

Dit is in dié stadium nog nie te laat in die lewe om die verstand te gebruik wat die liewe Heer jou gegee het nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters