13 dae gelede
Meisie met ’n outjie is nou verlief op ’n girl
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my ou gaan nou al drie jaar uit.

Maar die ding is – ek is verlief op ’n tomboy en sy voel presies dieselfde oor my.

Ons het wel nog nie intiem verkeer nie, maar ek wil baie graag saam met haar wees.

My ou is baie lief vir my en ongelukkig voel ek nie meer dieselfde oor hom nie.

Ek wil hom baie graag sê hoe ek voel, want ek wil hom nie verder aan ’n lyntjie hou nie. Hoe maak ek? – Verlief Op Meisie, WhatsApp

Liefie, eerlikheid is jou antwoord.

Hoe langer jy jou voete sleep, hoe moeiliker raak dit om uit te kom met die waarheid.

Hoekom die inevitable uitstel as jy weet daar is nie ’n toekoms saam vir julle nie?

Dit is nie fair teenoor hom nie, want die arme man dink julle het ’n future saam en dink jy voel dieselfde oor hom.

So, speel oop kaarte met hom sodat hy ook kan aangaan met sy lewe. Natuurlik gaan hy platgeslaan wees, maar hy sal survive en wel iemand kry wat vir hom lief is.

Dan is jy mos vry om die persoon te pursue wat jy smaak. Moenie langer uitstel nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters