4 maande gelede
Meisie kry nou blame vir huwelik wat op rotse is
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

SO ’N tyd gelede het ek en ’n outjie op Facebook Messenger­ begin chat. Ek was nie lus vir ’n fling of iets nie, want ek het pas uit ’n verhouding gekom.

Maar hy was baie nice. Anders as die ander mans wat ek al ontmoet het, was hy glad nie spuls of agter iets aan nie.

Ons kon oor alles praat en hy het baie belang gestel in wat in my en my dogtertjie se lewe aangaan. Ná ’n paar maande het ons ontmoet en ek moet sê hy het my impress met die manier hoe hy hom gedra.

Hy was eerlik met my en het gesê hy staan op skei. Antie, hy en sy vrou woon nie meer saam nie, hy bly tans by een van sy broers.

Ek weet nie hoe sy vrou my nommer in die hande gekry het nie. Sy pes my nou, skel my lelik uit en sê ék het haar huwelik opgebreek.

Maar ek was nie die oorsaak nie. Soos ek verstaan, was sy die een wat in haar huwelik gemors het.

Nou wil sy my die scapegoat maak. Ek het hom van sy vrou se dinge vertel en hy voel baie sleg daaroor.

Hy het my verseker daar is geen kans dat hulle huwelik gered kan word nie en hy sien ’n toekoms saam met my. Ek het ook feelings vir hom ontwikkel en wil ons twee graag ’n kans gee.

Maar sy vrou laat my wonder of dit alles die moeite werd is.

Wat dink Antie? – Deurmekaar Meisie, WhatsApp

’n Egskeiding kan ’n lelike affêre raak. Die laaste ding wat dié vrou sal admit, is haar aandeel aan die verbrokkeling van haar huwelik.

Dalk moet julle eers ’n break vat totdat die formaliteite van die egskeiding afgehandel is? Tot die stof eers gaan lê en die vrou besef sy fight ’n losing battle.

Hy is steeds getroud, of hy nou by sy broer bly of op Mars.

Laat dinge eers na ’n kant toe beweeg en as dinge tussen julle meant to be is, sal julle mos ná die egskeiding ’n verhouding kan aanknoop.

Jy hoef ook in die tussentyd nie hierdie harassment van die vrou te entertain nie. Block haar nommer en block haar sommer op ander social media platforms ook.

En dan moet jy try uitvind waar sy aan jou nommer kom. Het sy dit van iemand se selfoon af gekry?

Hoe was dié sekere iemand se selfoon in haar bereik as hulle dan nie meer sulke close kontak met mekaar het nie? Jy weet van watter “iemand” Antie hier skimp ...

Maak seker daar is nie iewers ’n slang in die gras nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters