2 maande gelede
Meisie cheat met ou wat haar wou verkrag
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK KOM uit ’n verhouding van ongeveer ag jaar.

My kinders se ma het my verneuk met ’n baie ouer man terwyl ek gekuier het by my ma, wat in daardie stadium in ’n stryd teen kanker gewikkel was.

En om eerlik te wees, ek was vrek lief vir haar, maar ek kon net nie daaroor kom dat sy my verneuk het nie.

Maar hier is die siek twist: Die einste man met wie sy my verneuk het, het destyds probeer om haar en ’n vriendin van haar te verkrag.

Vandat sy haar ma daarvan vertel het, het ek oor en oor gesê dat ek hom nie naby my kinders vertrou nie.

Maar haar ma laat dit toe. Nou wil ek by Antie weet: Is daar plekke wat my kan help om my kinders uit daai situasie te kry?

Ek glo in my hart dat sulke mense nooit regtig verander nie. – Bekommerde Pa, WhatsApp

As jy custody van jou kinders wil hê, sal jy jou tot die kinderhof moet wend en jou saak daar moet stel.

Jy kan dan die hof inlig oor jou vrese rakende hierdie man met die dodgy verlede en kommerwekkende neigings.

Antie kan nie verstaan dat jou vrou en haar vriendin destyds nooit ’n klag teen hierdie man gelê het nie.

En hoe socialise jy nog met ’n man wat jou destyds wou verkrag het? Om nie eens te praat van die keer wat sy jou met hierdie einste man verneuk het nie.

Dít terwyl jy jou ma in ’n baie moeilike tydperk bygestaan het.

Wie doen sulke dinge aan iemand anders? Niemand kan jou blame omdat jy nie gemaklik voel om jou kinders in hulle ma se sorg te laat nie.

Wend jou tot die kinderhof en stel jou saak daar. Hopelik sal die hof ’n simpatieke oor hê vir jou concerns.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters