5 maande gelede
Matrikulant kou naels oor ouer man
 ~ 

Liewe Antie Mona

Ek is J van Uitsig en is 19. Ek het ’n verhouding met 36-jarige man.

Ek is baie lief vir hom, maar hy het nog ander vroue wat hy sien.

Hy ontken dit as ek hom konfronteer. Hy gaan waar hy wil en laat weet nie eens waar hy is nie, kom terug en maak asof niks gebeur het nie.

Ek wil hom nie verloor nie, maar dink aan my matriek.

Hy kan nie wegbly van die ander drie vroue nie.

Ek soek raad, asseblief. – via WhatsApp

Op geen ouderdom behoort enige vrou ooit verleë vir ’n man te wees nie.

Jy is nog baie jonk en hierdie man is byna twee keer jou ouderdom.

Fokus ’n slag op jou laaste jaar op skool. Jy is byna te lank in die tand vir matriek.

Jy is nog baie jonk. Moenie jou laat distract deur ’n man wat potensiële siektes jou kant toe kan aandra nie. Wil jy jou hele toekoms wegsmyt met ’n ou man (in vergelyking met jou) wat nie weet hoe om sy zip toe te hou nie?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters