8 dae gelede
Man weier om te skei, al het hy ’n girlfriend
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my man is al die afgelope drie jaar van bed en tafel geskei.

Ek het nou iemand anders ontmoet, maar my man wil nie skei nie.

Antie, ek kan nie verstaan hoekom hy aan ’n huwelik wil klou wat lankal nie meer werk nie. Hy het dan ’n girlfriend.

Hulle het ’n kind saam en woon saam. Ek woon tans alleen in ons huis, maar my outjie mag nie vir my kom kuier nie.

Ek het al geraas, gevloek en geskel, maar hy wil net nie skei nie.

Ek weet nie meer wat om te maak nie, want ek is lief vir hierdie ou en wil graag ’n lewe saam met hom bou. Niemand het my al soos ’n lady getreat soos hy nie.

Het Antie dalk raad vir my? – Moedeloos van G, WhatsApp

Antie vermoed dat dit hier gaan oor die verdeling van julle bates wat hom so teen die karre laat skop.

Met ’n egskeiding sal julle eiendomme en onderskeie pensioene verdeel moet word. Dis nou natuurlik as julle binne gemeenskap van goedere getroud is.

Wat anders kan dit wees? Hy het dan ook al aanbeweeg.

’n Egskeiding is minder traumaties as albei partye tot ’n vergelyk kan kom, maar dit lyk nou jy moet maar geld spend en ’n lawyer kry om jou te help.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters