8 maande gelede
Man se 60-jarige eks wil steeds my huwelik ontwrig
 ~ 

Liewe Antie Mona

Ek het ook jare lank gebuk gegaan onder ’n vrou wat ’n kind by my man het.

Sy en haar hele familie het my hel gegee.

Sy’t my telefonies geterroriseer en mense met vals stories teen my laat draai. My lewe was hel op aarde. Deur alles was ek nog gaaf met die kind.

Ek het nooit op die vrou se manewales gereageer nie.

Selfs die dogter het sand in my oë geskop weens haar ma wat haar gebreinspoel het.

My raad aan vroue in sulke situasies: Ignoreer die vrou as sy soos ’n nar optree.

Los die fool, want sy maak net haarself belaglik.

Die ou roosterkoek is al oor die 60, maar probeer steeds my huwelik ontwrig. Maar my beste wapen is Jesus.

Dis amper 40 jaar gelede se goed. Wat wil die ou, droë koei dan nog steeds hê? – Anoniem

Sommige mense weet een­voudig nie hoe en wanneer om ’n strydbyl te begrawe nie.

En wat hulle nie besef nie, is dat hulle hulself die meeste skade aandoen deurdat hulle deur hul eie wrokke verteer word.

Gaan jy maar net aan met jou lewe, hou jou kop omhoog en laat haar toe om voort te gaan om haar eie graf te grawe.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters