14 dae gelede
Man kom deesdae net oor vir seks
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK LEES altyd die goeie raad wat Antie vir die mense gee en vandag is dit my beurt om by Antie te kla.

Ek het onlangs ’n man ontmoet wat by mense naby my suster se huis gekuier het.

Ons het aan die gesels geraak toe ek verby die huis loop waar hy gekuier het.

Hy het nader gehardloop gekom en my nommer gevra.

Antie, ek het dit gegee, want ek het gedink hy sal tog nie bel nie. Maar later die middag het hy gebel en gesê ons moet vir ’n drive gaan.

Ons bly in ’n klein plekkie waar almal vir almal ken en ek was nie bang om met hom rond te ry nie, want die mense sou tog sien met wie ek is.

Van daardie dag af het hy baie vir my kom kuier, want ek woon alleen in my Hop-huisie.

Hy het nie baie oor homself gepraat nie, net dat hy geskei is en dat hy en sy eks nie enige kinders saam het nie.

Maar elke keer as hy toilet toe gegaan het, moes sy sel saamgaan.

As ek hom hieroor uitgevra het, was sy antwoord altyd dat hy op standby by die werk is en te alle tye sy foon moet beantwoord as die base bel.

Niemand het hom van die werk gebel waarvan ek weet nie.

Hy sê hy is lief vir my, maar dit voel vir my ek is net een van sy hoere.

As ons saans lê en hy dink ek slaap al, chat hy met ander mense op Whats­App.

Hy is lief om tussen ’n mens se bene ’n love bite te maak as hy besig is.

Vroeg volgende jaar is ons al amper twee jaar saam, maar ek weet nie meer nie.

Hy kom deesdae nie meer so baie kuier nie, net as hy wil seks hê. Dan is hy vroeg die volgende oggend weer weg. Dink Antie ek is besig om my tyd te mors?Wonder Maar Net, WhatsApp

Meisa, jy is inderdaad besig om jou tyd big time te mors.

Maak nie saak hóé lief hy is vir love bites maak nie, dit klink nie vir my of hy lief vir jou is nie.

Vir hom gaan dit net oor die seks en Antie kan nie anders as om te wonder of hy ooit geskei is nie.

Vir my is hy darem gans te secretive oor sy lewe.

Gee jouself ’n goeie Kersgeskenk en raak ontslae van hom.

Dit gaan jou op die long term baie hartseer en teleurstellings bespaar.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters