14 dae gelede
Man jol openlik ná vrou se geld-fiasko
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS twee jaar getroud en het verlede jaar ’n groot fout begaan.

Ek het my man se geld gemors. Toe hy sy geld soek, gaan raadpleeg ek een van daai toordokters wat so hulle dienste in die koerante adverteer.

Ek het geld verloor, want die advertensies sê hulle maak jou geld meer, maar dit is glad nie waar nie.

Ek het hom alles vertel, maar hy bly dit nou voor my gesig gooi.

Nou vry hy met ’n ander meisie en vertel my dan daarvan.

Ek was al by die meisie se huis, maar dit hou net aan.

Hy seks my nog, maar sê hy seks nie vir haar nie.

Ons het drie kinders saam, maar hy bly my lelik uitskel en sit my ook uit. Dan bel die meid hom en vra of ek getrek het.

Ek is al raadop. – Desperate Vrou, WhatsApp

Vrou, mense wat jou net sonskyndae beloof, kan nie geglo word nie. Onder geen omstandighede nie.

Daar bestaan nie so iets soos ’n wonder-olie of ’n ding wat jou wonderbaarlik geld laat wen of jou geld vermeerder nie.

Wat hierdie mense doen, kan in één woord verduidelik word: stront. En wat nou nog meer strooi in jou huwelik veroorsaak, is jou man se jollery.

Dit smaak my hy was hoeka lus om openlik sy ding met die ander vrou te doen.

Die vraag is nou: Vir hoe lank gaan jy tweede viool in jou eie huwelik speel?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters