8 maande gelede
Man is eintlik met die bierbottel getroud
 ~ 

Liewe Antie Mona

My naam is C en ek is 43 jaar oud.

Ek en my man is al 17 jaar getroud, maar dit voel nie eintlik vir my asof ons getroud is nie, want my man is nooit by die huis nie.

Selfs op ons honeymoon-aand was hy met sy vriende uit en het laatnag poepdronk huis toe gekom.

Van daai tyd af gaan hy net werk toe, gee ’n deel van sy salaris vir my en gaan na sy drinkebroers.

Ek kan nie eens onthou wanneer laas ons intiem verkeer het nie. via WhatsApp

Maar dan het jou man mos eintlik net met die bottel getrou en vir die eyeblind ’n ring aan jou vinger gesit.

Vrou, dis nooit te laat om dinge met ’n volle 360 grade om te draai nie. Begin dinge reël wat julle naweke saam as ’n couple kan doen.

Julle kan ’n rit vat waar jy vir julle ’n piekniekmandjie pak, julle­ kan na ’n konsert gaan, ’n movie gaan kyk of ’n romantiese ete gaan geniet.

Daar is verskeie goed wat julle kan doen. En demand dat hy tyd met jou deurbring.

Wie is belangriker – jy, die drank of sy vrinne?

Jou man sal vir ’n slag moet grootword en besef ’n vrou wat al jare lank sy nonsens opeet, verdien ook om gewaardeer, gepamperlang en geliefkoos te word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters