28 dae gelede
Man is deesdae net goed vir paar pompe
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS 50 en my man 49. Wanneer ons seks, gee hy net ’n paar pompe en dan is alles klaar. Dit kom al van vroeg verlede jaar af aan.

Hy is lief vir ander vroumense en het al drie keer gejol, maar hy wil nie skei nie. – L, WhatsApp

My jinne, dan is Gouste Fanie nog ’n joller ook? Antie is oortuig nie een van sy jolvroue onthou veels te lank hulle intieme oomblikke saam met hom nie.

’n Windpomper van formaat is hy baie beslis.

Daar kan nie van jou verwag word om rond te hang totdat sy pompery uit wind uit raak nie.

Daar kan ook nie van jou verwag word om tevrede te wees met al sy hoereerdery en basies ’n sitting duck vir die een of ander vleeslike siekte te wees nie.

Dis tyd dat jy ’n slag aan jou eie happiness dink. Wat soek jy uit die lewe? Make it happen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters