3 maande gelede
Man hou nie lank by sy werk nie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

MY MAN hou nie lank uit by ’n werk nie.

Ek weet sommer iets is op pad as hy oor sy kollegas begin te kla.

Dis nie lank nie, dan weier hy om op te staan om te gaan werk. Dan kos dit maande van alleen uitkruip vir werk voordat hy weer ’n plan maak. En hy maak ook net ’n plan as die vriende wat hy so lekker ge-entertain het toe hy gewerk het, een vir een begin skaars raak. Ek is nou mooi moeg van sy houdings. Ons raak nie jonger nie, ons kinders raak groter en makeer mos 110 dinge. – H van V, WhatsApp

Jou responsibility as man, vrou of ouer kan jy nie aanpas soos wat jou mood verander nie.

Dit is ’n lifelong verantwoordelikheid waar ’n mens maar moet vasbyt deur al die drama van die lewe.

Om elke keer verskonings te wil maak as dinge tough raak, is nie die antwoord nie.

Besides, dis onmoontlik dat al die probleme van die lewe altyd net iemand anders se skuld is.

Jou hubby moet ’n slag grootword en besef hy kan nie net ’n man/pa wees wanneer dit hom pas nie. Die lewe is duur en jy kan deesdae skaars kop bo water hou met twee salarisse.

Hy moet sy kant bring en weet as hy weer met sy lui gees kom, gaan jy nie vir sy flou verskonings val nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters