7 dae gelede
Man dros werk om te drink
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

MY MAN het geen respek vir my nie.

Hy los die drank, maar ná ’n week dan drink hy maar net weer. Dan drink hy sommer aanmekaar.

Ek is ouer as hy, maar dit was nog nooit ’n probleem tussen ons nie. Ek het hom gehelp om sy drie kinders groot te maak.

Toe ek in hul lewe kom, was sy jongste kind maar net ses jaar oud. Hierdie kind is nou 17.

Onder die omstandighede waarin ek tans moet lewe, het ek twee jaar gelede met hom getrou, maar my gevoel vir hom verdwyn elke dag ’n bietjie meer.

As ek werk toe gaan, dan loop en leen hy geld en suip saam met ander vroumense. Hy het by sy werk gedros oor sy suipery.

Ek is so moeg van sy dinge, Antie. Moet ek nie maar uit hierdie huwelik loop nie?

Ek drink nie eens nie. Hy kom eers ná middernag in die huis. Hy het nog nooit sy hande vir my gelig nie, maar hy slaan my selfbeeld. – Moedeloos van George, Whats­App

Jou man het ’n erge drankprobleem. Hy moet uit sy eie uit hulp kry, anders gaan jul probleme nie verdwyn nie.

Jy kan net diegene help wat gehelp wil wees en een of ander tyd sal jy jou eie geluk ook in ag moet neem.

Die keuse bly joune oor presies wanneer jy net mooi genoeg gehad het, want niemand kan van jou verwag om aan te hou om al hierdie stront op te eet nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters