5 maande gelede
Man begin die nuwe jaar met ’n gehoer
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

HIERDIE is die eerste keer dat ek aan Antie skryf.

Ek weet nie meer wat om te doen nie en kry ook nie raad van my familie af nie.

My man was Oujaarsaand uit met sy vriende.

Hy het nie eens kans gesien om die nuwe jaar met sy gesin in te gaan nie.

Sy verskoning was dat ons die dag saam as ’n gesin sou deurbring.

Nuwejaarsoggend het hy smoordronk by die huis aangekom, op die bed neergeval en getiep.

Dis net asof iets vir my gesê het ek moet in sy sakke rondkrap.

Ek het amper op my rug geval toe ek kondome in sy sak kry.

Antie, hy het so vas getiep dat hy nie eens agtergekom het ek haal sy phone uit sy sak nie.

Ek sien toe ’n WhatsApp-boodskap wat lui: “Dankie vir vanaand, jy is die beste.”

Ek het die boodskap dadelik ge­delete, anders sou hy later sien ek het dit gelees.

Eers die middag het hy uit sy tiep opgestaan, maar hy was in so ’n vuil mood dat ek en die kinders maar na my ma toe is.

Antie, ek kon myself nog nie sover kry om hom oor die boodskap en kondome uit te vra nie.

My hart is so seer, want ek is nie dom nie. Ek weet hy het Oujaarsdag nie met vriende deurgebring soos wat hy gesê het nie, maar met ’n ander vrou.

Hy het die nuwe jaar hoer-hoer ingegaan.

Ek voel siek.

Ek sukkel om te eet en kan saans nie slaap nie.

Meneer Hoer lê egter en snork lekker rustig langs my.

Dit laat my sommer voel asof ek hom in sy slaap kan verwurg. – W van C, WhatsApp

Dit is seker een van die junkste maniere om die nuwe jaar in te gaan.

Vrou, hierdie besigheid gaan jou van binne opvreet as jy nie hieraan aandag skenk nie.

Jou man moet weet dat jy weet van sy dinge.

Maak nie saak hóé kwaad hy gaan wees dat jy in sy sakke gekrap het nie, hy sal sy gedrag moet please explain.

En dan sal jy moet besluit watter verloop jou huwelik gaan neem.

Jy sê nie wat jou volgende stap gaan wees nie, maar wat wel ’n sekerheid is, is dat jy nie sal kan voortgaan asof niks gebeur het nie.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters