2 maande gelede
'Mal en waglike jong' verinneweer meisie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS ag maande swanger van ’n ou met wie ek al vier jaar uitgaan.

Ek word elke naweek óf geskel óf geslaan.

Antie, ek het al ’n aanrandingsaak teen hom gemaak. Die afge­lope naweek het hy my so byna met ’n graaf geslaan.

As daar nie mense was wat hom gekeer het nie, hét hy my geslaan. Ek was by die polisie, maar hulle het hom net gewaarsku.

Ek is besig om ’n beskermingsbevel te kry.

Ek is net bekommerd oor my kinders se veiligheid. Hoe kan ek my ongebore baba teen sy pa beskerm?

Ek weet ek kan die kind nie weghou nie, maar hy dink nie twee keer om my seer te maak terwyl ek swanger is nie. Wat sal hy nie aan my kind doen nie?

Hy is mal en walglik. Hy werk by ’n fabriek en kom gee my so af en toe ’n R200, maar soek dit later terug, want hy kort drankgeld. Tot nou het ek niks geldelike bystand van hom gekry nie. Dis sy eerste kind.

Hy is 37 jaar oud, 9 jaar ouer as ek, maar hy besit nog niks en werk ook net seisoentyd. Swanger Mammie, WhatsApp

Hierdie man dink niks van jou of sy kind, wat een van die dae in hierdie wêreld is, nie.

Só ’n ding verdien nie toegang tot sy kind nie, want hy jeopardise dan albei van julle se gesondheid deur jou aan te rand.

Ongelukkig sal die wet eerste wees om te sê hy as die biologiese pa het regte.

Gaan voort met die aansoek om ’n beskermingsbevel en gaan sien ook ’n maatskaplike werker om te hoor of die man dalk beheerde toegang tot julle kind kan kry.

Jy sal anyway by jou naaste hof se afdeling vir maintenance moet uitkom sodat hy sy finan­siële verpligtinge teenoor die kind kan nakom en nie weer sommer sy geld kan kom haal nie.

Bly ver van hierdie man af weg.

Dring daarop aan dat die polisie hom ’n slag vasvat, of wil hulle eers wakker skrik wanneer hy jou die dag doodgeslaan het?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters