5 maande gelede
Ma worry oor dogter in abusive verhouding
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

MY DOGTER is in ’n baie abusive verhouding en ek weet nie hoe om haar daaruit te kry nie.

Sy is 29 jaar oud en het twee kinders by hierdie luisgat-jong.

Hy werk nie.

Sy moet vir hom én die kinders sorg.

Sy moet vir hom geld gee vir drank en sigarette. Wanneer hy gesuip is, lig hy sy hande vir haar.

Ek het al hóéveel keer met haar gepraat en gevra sy moet hom los.

Maar sy is hardkoppig, wil nie na my luister nie en sê dit is haar lewe. Maar as hy haar so flenters geslaan het, hardloop sy na ons en bly hier totdat hy haar weer soebat om huis toe te kom.

Dan vergeet sy van al die dinge wat hy aangevang het en hardloop terug na hom.

Dit breek my om my kind in hierdie verhouding te sien. Ek is baie lief vir my kleinkinders, maar hul pa is van die hel af.

Wat kan ek maak om tot haar deur te dring? – Desperate­ Ma, WhatsApp

Seker een van die grootste tragedies van domestic abuse is dat die victims altyd die laaste een is wat sien hoe hulle verrinneweer word.

Hulle word sielkundig en fisiek so deur hul abuser afgebreek dat hulle byna voel dat hulle die abuse verdien.

En dat die vark wat hulle so verrinneweer dit uit liefde uit doen.

Dit breek enige ouerhart om te sien hoe ’n kind in sulke abusive omstandighede wil bly.

Sy is ’n grootmens, amper 30 jaar oud en sy kan haar eie keuses maak.

Maar sy kan nie sien dat sy wel ’n keuse het om nie ’n victim te wees nie.

Sy kan nie sien dat dit nie haar doel in die lewe is om ’n papbroek-vroueslaner se personalised slaansak te wees nie.

Dit is tyd dat julle as familie ’n bietjie hierdie abuser approach en hom die leviete voorlees.

Vat ’n paar mans, ooms en neefs, ensovoorts, en gaan kuier ’n bietjie vir hierdie lafaard.

Die boodskap wat hy moet kry, is dat die tyd aangebreek het dat hy hom uit die prentjie vat, of julle sort hom uit.

Antie moedig glad nie violence aan nie – die regte woorde kan dikwels die regte uitwerking hê.

Vir solank soos wat julle handjies gevou sit, sal hierdie ding net aangaan met sy afknouery.

Hy het te veel tyd op sy pofferhandjies­ en as daai handjies nie wil hoor nie, is dit tyd dat daai handjies maar voel...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters