4 maande gelede
Ma van twee wil lewe neem oor joller berk
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS ’n dame van 26, maar ek ken al manne. Ek is nie skaam om dit te sê nie.

Ek het vier jaar gelede ’n groot man ontmoet. Ek en die oom bly sedertdien saam. Hy is 30 jaar ouer as ek.

Die oom gebruik my net om wasgoed te was, sy huis aan die kant te hou en seks in verskillende ways te hê.

Hy sê nooit hy is lief vir my nie en date nog gereeld sy vorige groot vroue.

Hy kom die volgende oggend dan huis toe van hulle af en maak eenvoudig asof niks daarmee verkeerd is nie.

En ek mag hom ook nie daaroor confront nie, Antie, anders word ek so verneder.

Ek is moeg van baklei, Antie, maar hy koop vir my kos, klere en tot drank. Wat staan my te doen? – Moeg vir Oom

Ah, jy laat jou omkoop met kos, klere... en drank. En dáár lê waarskynlik die grootste oorsaak van jou probleme.

En in ruil daarvoor, is jy eintlik maar niks meer as dié oom se domestic-for-sex nie.

Liefie, as die dinge wat hy doen jou so ongelukkig maak, hoekom maak jy dan nie net dat jy wegkom nie?

Jy hoef mos nie dié lewe te verduur nie. Antie dink egter jy sal nie ’n lange gooi nie omdat jy veels te gewoond is aan die Oom se kos, klere en drank.

Jy verkoop eintlik maar net jou siel en lyf aan hom. En solank as wat jy dít doen, own hy jou.

Jy sal by hom bly, al grief dit jou ook verskriklik dat hy ander vroue ook wine en dine, want ook dááraan het jy gewoond geraak.

Nee, wat. Werk agter sy rug aan ’n nuwe lewe. En as al jou eendjies opgeline is, dan line jy daar uit.

Liewe Antie Mona

EK IS bekommerd oor my vriendin. Sy is nog so jonk, maar ly aan depressie oor ’n tr*l.

Elke dag wanneer sy by die werk kom, stres sy oor die eienaar van dié tr*l.

Hulle moes vroeër dié jaar getrou het. Sy het glad kollege gelos oor hom. Hulle het twee kinders saam.

Hy het beloof hy sal vir haar wag, maar nou verneuk hy haar met haar beste vriendin.

Wanneer Vrydae aanbreek, los hy haar net so met die kinders en sonder geld.

Sy oorweeg dit nou om selfmoord te pleeg oor hom. Antie, dis mos nie reg nie.

Ek weet nie meer watter raad om haar te gee nie, want sy luister nie na my nie.

Ek wonder net hoekom sy hom nie net uitlos nie?

Hy beteken dan niks vir haar en die kinders nie. M van D

Jou vriendin is so verleë oor dié man dat sy nie kan – of dalk wíl? – besef dat sy en haar kinders beter as dit verdien nie.

Antie mean maar, dié man steek dit nie eens meer weg dat hy haar met haar beste vriendin verneuk nie.

En dan wil sy iets bitter selfsugtig doen deur haar kinders wees te laat weens selfmoord.

Dis onnodig om selfmoord te oorweeg oor ’n sleggat-man.

Moet egter nie moed opgee met haar nie.

Hou aan om haar aan te moedig om weg te breek van die jong.

Bly haar daaraan remind dat haar lewe nie om dié sleggat hoef te wentel nie.

Herinner haar dat sy worthy is en nie dié excuse vir ’n man nodig het om iets en iemand in die lewe te wees nie.

Hopelik dring jy een of ander tyd deur tot haar, want die Vader weet, só kan sy nie aangaan en verleë wees oor iemand wat haar liefde nie werd is nie.

Is hy dan ’n goue jong dat sy so aan hom vasklou?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters