20 dae gelede
Lui berk met lam lat wil pa word
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS ’n 28-jarige meisie van die Noord-Kaap. Ek soek raad, asseblief.

Antie, ek het twee kinders uit ’n vorige verhouding.

Ek het tans ’n outjie wat ook graag ’n kind wil hê.

Ek gee vir hom kos en sorg dat sy klere gewas word.

En dan moet ek saans ook reg lê wanneer hy seks wil hê.

Ongelukkig kan hy nie styf raak nie. Hy praat wel graag van trou, maar dan ken hy my nie in die saak wanneer hy gepay het nie.

As dit nou al só in ons verhouding gaan, hoe sal dinge in ons huwelik wees? – Verward van Namakwaland, WhatsApp

Dis presies wat Antie gedink het: As dié jong nou al so sleg is, hoe sleg gaan hy nie in julle huwelik wees nie?

Nee wat, meisa. Laat hierdie man met die pap voël soontoe staan.

Dit klink asof jy niks anders as sy domestic is nie, en dan moet jy ook nog op jou rug lê vir sy sexual struggle.

Jy kan nou al sien hier is niks vir jou in hierdie verhouding nie. So, moenie dink dinge sal beter raak as julle eers die dag getroud is nie.

Want dinge gaan nie beter raak nie.

As hy nou al nie moeite doen om sy kant te bring nie, sal dit eenvoudig nie gebeur nie.

Dit sal in jou belang wees om dinge nou te beëindig.

Liewe Antie Mona

EK HET drie jaar gelede met my kinders uit die Kaap getrek.

Dit was nadat my man ons net so by sy ouers in Hanover Park gelos en met sy toiletry-sakkie na sy hoermeid in Athlone toe gehardloop het.

Die hoermeid het hom laat skei. Ek het nie eens ’n hofdatum gekry nie. Hulle het sommer verloof geraak terwyl ons nog getroud was.

As ’n vrou was ek nooit goed genoeg vir hom nie.

Hy wou weer op WhatsApp met my flirt, maar toe sê ek vir hom hy het sy bed gemaak en hy moet daarin slaap.

Daai duiwel met wie hy nou getroud is, sê vir my ek kan maar in en uit die hof hol vir support vir die kinders, maar ek sal nooit die case wen nie.

Sy sê ek gaan nog swaarkry met my kids en lag my dan uit.

Wat maak ek in hierdie geval, Antie?

Hy gee my net so dan en wan geld en vra waarvan hy moet lewe. Dít terwyl ons kinders suffer.

Hy werk in die weermag. – R, Whats­App

Een van die hartseerste dinge in die lewe is hoe sulke pa’s met hulle dinge kan wegkom.

Dit is altyd die kinders wat hier­onder ly – en dít terwyl die pa aangaan met sy lewe.

En met wat ’n heks van ’n vrou is hy nou getroud?

’n Vrou wat so spiteful is dat sy nie eens worry wat van die arme kinders word nie.

Antie neem aan julle was in gemeenskap van goedere getroud? Dit beteken jy is geregtig op die helfte van sy pensioen.

Ek weet nie hoe hulle hierdie egskeiding deurgeknoei het nie, want waar is jou helfte? En waar is die maandelikse maintenance wat die kinders toekom?

Gaan sien ’n lawyer en probeer deur dié uitfigure hoe jou egskeiding afgehandel kon word sonder dat jy enigsins kennis gedra het daarvan.

Dit sal Antie nie verbaas as hierdie einste vrou haar as jy voorgedoen en dat hulle die egskeiding sodoende gefinaliseer gekry het nie.

As dit die geval is, het hulle met behulp van ander hofbeamptes bedrog gepleeg. Moenie dat hulle hiermee wegkom nie.

Gaan terselfdertyd na jou naaste hof se maintenance-afdeling en gee jou eks aan vir papgeld.

Maak gou

Dit gaan nie oor waarvan hy moet lewe nie, dit gaan oor sy plig teenoor julle kids.

Hierdie kinders van julle het nie getender om hier op aarde te wees nie.

Sit die papgeld-bal aan die rol sodat die geld wat julle kids toekom van sy salaris gegarnish­ee kan word. Moenie langer wag nie. Maak gou! Alle sterkte.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters