21 dae gelede
Lieflike vroutjie wil nou anale seks probeer
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET ’n lieflike vroutjie en ons sekslewe is wonderlik. Sy het onlangs weer baie begin stres en toe begin drink.

Ek voel sleg om haar so in dronkenskap te sien. Sy oordoen dit naweke, maar in die week dink sy nie eens aan drank nie.

Ek het onlangs opgelet dat sy meer katools in die bed is as sy besope is.

Orale seks en styles word dan op ’n skinkbord vir my gegee.

Ek kan dalk ondankbaar klink, maar ons seks tydens haar nugterskap is boring.

Ek het haar gevra of sy enige fantasieë het en sy het aan my gesê dat sy graag anale seks wil uittry.

Maar ek haat dit. Ons kyk nou saam porn op haar foon en dit turn haar on.

Ek kan sien hoe smul sy vir daardie groot, swart penisse in die porn mov­ies. Hoe kan ek haar oortuig om dankbaar te wees met my size?

Ek dink wanneer ons seks het, dink sy aan daardie ouens wat sy in die porn movies sien.

Gee raad, asseblief, Antie. – Bekommerde Man, WhatsApp

En hier wonder Antie kliphard wie die een is wat hierdie movies aan haar bekend gestel het.

Noudat jy gesien het wat haar oë laat rek, is jy ’n bekommerde man.

Hierdie is ’n ding wat jy in die eerste plek nie moes aangevang het nie.

Maar pleks van ophou, gaan jy steeds voort om hierdie goed saam met haar te kyk.

Alle couples het maar hulle grille en giertjies, maar jy klink steeds ondankbaar oor wat alreeds vir jou op die menu is.

Hierdie worries is in jou kop. As jou vrou voorheen ’n probleem met size gehad het, sou jy mos al jare gelede iets agtergekom het.

Maar nee, vandat jy gesien het hoe impressed jou vrou met die ander menere se gewere is, laat dit jou worry.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters