3 maande gelede
Liefde kom net van een kant af
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS TB van BS en soek vandag raad by Antie.Ek het ’n vriend wat ek ’n paar jaar geken het voordat ons begin date het.

Ons date nou al vyf jaar, maar dit bly aan en af. Ek is lief vir hom, maar dit voel asof hy pretend net om in my broek te wees.

Hy het ’n klomp vroumens-vrinne. Elke tweede week soek hy ’n argument met my.

Dan block hy my op WhatsApp en ry met vroumense rond.

Ek en hy is albei 32 jaar oud en as ek hom vra of hy met hierdie girls slaap, dan stry hy.

Dit is nie maklik om hom te los nie, want ek het my hart op hom gesit.

As hy pay, dan is dit net sy kinders en hulle ma.

Hy maak hulle dan sy status op WhatsApp en ek moet dit dan by ander mense sien. As ek hom geld vra, wil hy nie gee nie, maar as sy eks vra, maak hy moeite vir haar. – TB van BS, WhatsApp

So, jy weet hierdie jong wil net in jou broek wees, maar jy entertain hom steeds?

Sy kinders gaan altyd in die prentjie wees. Hy het verantwoordelikhede teenoor hulle wat hy moet nakom. Dit maak nie saak of hy en hulle mammie nie meer saam is nie.

Soos dit mos maar dikwels gaan, sal die baby mama ook haar luck try om weer in sy lewe te wees.

Asof dit nie genoeg is nie, is daar ander girls ook in die prentjie.

Natuurlik sal hy nie aan jou admit hy kom hierdie meisies by nie. ’n Joller erken mos nooit sy skuld nie.

Diep binne jou weet jy hierdie ou vat jou vir ’n ride. Letterlik en figuurlik.

Dan vat hy hope ander girls ook nog vir ’n ride. In sy kar.

Jy mag dalk lief wees vir hom, maar dit is duidelik hy voel nie dieselfde nie.

Die een of ander tyd sal jy moet besluit hoeveel langer jy gaan allow dat die man jou vir ’n fool vat.

Jy weet jy voel glad nie lekker oor die manier hoe hy jou treat nie.

Maar jy is al een wat ’n einde aan hierdie hele ding kan maak.

Die tyd het aangebreek dat jy besef jy verdien veel beter as waaraan jy jou tans expose.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters