10 dae gelede
Lesbian gebruik ou net vir seks
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS D van R. Ek is 31 en ek en A, my kind se ma, ken mekaar al 10 jaar.

Ons is nie in ’n verhouding nie, maar het nog so nou en dan seks.

Ons seuntjie bly by my.

Ek is nog baie lief vir A. Ek wil met haar trou en die res van my lewe saam met haar deurbring.

Sy is in ’n kamstige lesbiese verhouding. Haar partner weet van ons twee se seks­kapades.

A weet hoe ek oor haar voel, maar kan nie haar mind opmaak nie.

Die een dag het ons seks; die next dag loop sy en haar partner weer hand aan hand. – via WhatsApp

Dit klink of die vroumens jou net vir seks gebruik. Met haar partner se toestemming, natuurlik.

Dis dalk die moeilikste ding om te aanvaar, maar hierdie meisie voel nie oor jou soos jy oor haar nie.

Vir haar gaan dit duidelik net oor seks. Niks anders nie.

Jy verdien iemand wat ook haar lewe met jou wil deel en nie net daar is vir once in a while se bed-springs-raas-oomblikke nie.

Dalk is dit tyd – al is dit hóé swaar – dat jy iemand kry wat vir jou en vir jou alleen daar gaan wees?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters