22 dae gelede
Lat wil girls met klomp styles seks
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS L van E en is nou al ses jaar in ’n verhouding met ’n getroude man.

Hy het al in die eerste jaar van ons verhouding op skei gestaan, maar nooit sover gekom nie.

Antie, hy bly nog in die huis saam met sy vrou en drie kinders.

Daar is dae dat ek voel om hom af te sê en ons verhouding te beëindig.

Maar ek kan nie. Ek weet wat ek doen is verkeerd, maar ek is baie lief vir hom.

Wat maak ek nou? Ek wil nie so aangaan nie, want dit lyk nie asof hy sy vrou vir my gaan los nie. – L van E, via WhatsApp

Meisa, asseblief. In vandag se moderne tyd kan jy wraggies nie vir Antie sê jy is nog só naïef nie.

As jy ná ses jaar nog nie besef het dat hierdie man jou net gebruik nie, dan sal jy seker dit nooit in jou kop kry nie.

Hierdie man gaan aan om heel cosy huisie-huisie met sy vrou en kinders te speel.

En hy het géén plan om hulle te verlaat nie. Anders sou hy dit lankal gedoen het.

Nee wat, vir hom is jy niks anders as ’n spot waar hy tenk leegmaak as hy niks by sy vrou kry nie.

’n Tool vir seks, dít is wat jy vir hom is. Niks meer nie.

Daai skeistorie ses jaar gelede was seker ook ’n liegstorie om jou beentjies oop te toor.

Dis tyd dat jy ophou droom dat ’n getroude man sy gesin vir jou gaan los.

Beweeg aan met jou lewe. Jou liefde vir hom gaan jou niks in die sak bring nie.

Antie wil nie nasty wees nie, maar jirretjie, mens, hoe anders gaan ’n mens deurdring tot jou?

Kweek ’n slag selfrespek en hou op glo dat jy in hierdie lewe ’n ander vrou se oorskiet moet kry.

Wat is anyway vir jou so lekker aan oorskiet?

Liewe Antie Mona

EK IS ’n 36-jarige man en ek is baie eensaam.

Ek skryf aan Antie, want ek is hoog en diep lus vir seks.

Ek sal nie sover gaan om ander seer te maak om my lus te bevredig nie.

Antie, ek praat van die hele toetie, orale seks, foreplay, styles, fantasies... you name it.

Antie sien, ek kom baie in kontak met verskillende vroue, maar ek wil mos nie soema met enige een bed toe gaan nie. Ek is nogal goed bedeeld en doen alles wat mal is.

Ek soek nie ’n verhouding nie, net iemand wat in dieselfde situasie is.

Ek likes explore en nuwe dinge try, maar die vroue van deesdae wil net op en af en niks verder nie.

Antie, ek het eenkeer met ’n dame bymekaar geraak en sy het gesê daar is min wat dit so kan doen of wil doen soos ék dit doen.

Antie, ek wil anoniem bly, maar ek sal dit waardeer as Antie dié boodskap kan plaas.

Ek gaan ook nie my nommer los nie, maar enige dame wat belangstel om so bevredig te word soos nog nooit tevore nie, kan Antie mos maar kontak en dan stuur Antie vir my die nommer deur. – W van Franschhoek, via WhatsApp

Ai, hoe dink Antie dan nou so aan daai koortjie van Bella.

Lei my, Here, lei my, Here, lei my, Here, na die water waar daar rus is / Soos ’n boom geplant by water­strome...

Liefie, jy sal by so ’n waterstroom moet uitkom waar jy lafenis kan kry vir jou spulsgeid.

Waar in die hele, kleine Franschhoek gaan jy ’n vrou kry wat niks anders as geseks wil wees nie?

Nee, hou maar op droom van vroue wat net goed genoeg is vir een ding.

Jy wil net seks hê en stel dit duidelik dat jy nie te vinde is vir relationships nie.

Hallooo... dink jy nie dat dít dalk die rede vir jou vreeslike loneliness is nie!?

Nee wat, Boeta, as jy so hoog en diep lus is vir seks, moet jy seker maar van ’n hoë krans in ’n waterstroom duik vir lafenis.

Die lewe gaan nie net oor styles en foreplay nie.

Wat ’n vrou wil hê, is ’n man wat sy girl met styl op die hande kan dra.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters