8 dae gelede
Lastige getroude vrou dreig my nou
 ~ 

Liewe Antie Mona

WAT moet ek doen met ’n getroude vrou wat my nie wil uitlos nie?

Ons het ’n ding aan gehad voordat sy getroud is.

Ek wil niks met haar te doen hê nie, maar sy dreig nou om haar man en my verloofde van ons twee te vertel. – P van P

So die risiko dat sy haar man kan verloor, pla haar glad nie?

Is jy bang oor wat jou verloofde sal sê omdat jy haar verneuk het met dié vrou?

Die waarheid gaan in elk geval een of ander tyd uitkom, so moenie wag totdat jy getroud is nie.

Wees nou al eerlik met jou verloofde voordat dié vrou die bom laat ontplof, en verlos jouself van haar dreigemente.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters