2 maande gelede
Knop op bors laat vrou aan ergste dink
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EINDE November het ek ’n knoppie onder my linkerbors ontdek.

Ek het nogal groot geskrik, want dit was die eerste keer dat ek dit gevoel het.

Antie, ’n klomp dinge het dadelik deur my kop gehardloop.

My ma is dood aan borskanker toe ek nog op hoërskool was.

Dit was die slegste dag van my lewe en niks in ons huis was agterna weer dieselfde nie.

Ek weet ek moet dit laat uitcheck, maar ek is bitter bang.

Ek kan maar net nie so ver kom om na ’n dokter te gaan nie.

Ek het nog nie eens my man hiervan vertel nie.

Gee raad, asseblief. Bang, Whats­App

Daar is sekere dinge wat ’n mens nie wil weet nie.

Maar in jou geval (en die geskiedenis van borskanker van jou ma) is dit absoluut noodsaaklik dat jy jou van die feite vergewis.

Jy wil nie eendag wel by die dokter uitkom en dan hoor “Ai, mevrou, as u net vroeër gekom het” nie.

Nou is die tyd. Jy stel dit al van November af uit en jy durf dit nie verder uitstel nie.

Neem jou man in jou vertroue. Jy kan jou vrese immers nie so op jou eie hanteer nie.

Luister tog asseblief mooi na Antie: Hoe gouer jy weet of daai knop kwaadaardig is of nie, hoe gouer kan jy hierdie vrese besweer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters