11 dae gelede
Kinders trek swaar ná pa se skietdood
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET ’n jaar en elf maande gelede my kinders se pa verloor. Ouens wat op in die straat woon, wou sy broer skiet, maar toe skiet hulle hom dood. Hy het in my arms sy laaste asem uitgeblaas.

Dit was 2 jaar gelede. Ons was 10 jaar saam.

Ek kry nêrens hulp vir my kinders nie. Hulle is 9, 6 en 3 jaar oud.

Hulle is baie aggressief teenoor mekaar en mis hom baie. Dis veral die tweede oudste wat dinge verskriklik swaar vat.

Ek kan praat en praat met hulle, maar hulle is op ’n ander planeet. Soms vloek hulle my.

Hulle glo ek kon meer gedoen het om hulle pa se lewe te red, en dat ek op daardie dag met hom moes gestap het. Dan sou hy nie geskiet gewees het nie.

Ek weet nie meer waar om hulp te gaan soek nie. Waar begin ek optel en aanbeweeg? – Moedelose Ma, WhatsApp

Dit moes ’n verskriklike ding vir jou en die kinders gewees het!

Hulle woede en uitbarstings is hulle manier om met die verlies en verlange te deal en nou haal hulle dit op jou uit.

Daar is niks wat jy kon doen om hierdie tragedie te voorkom nie. Die kanse is groot dat jy ook daardie dag sou gesterf het as jy by was.

Wat het dan van jou kinders geword? Laat hulle dit so verstaan.

Doen navraag by gesondheidsdienste in julle gemeenskap oor trauma-berading. Jy en jou kinders behoort terapie te ondergaan.

Oorweeg dit asseblief voor dinge verder handuit ruk, wat ’n groot moontlikheid is. Dis nooit te laat om jou kinders te help nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters