27 dae gelede
Kind trek swaar ná geliefde pa se dood
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS V van C en het ’n jaar gelede my pa aan die dood afgestaan.

Vandat ek my pa verloor het, voel ek leeg op ’n manier.

Ek en my pa was baie close, ten spyte van ons ups en downs.

Ek probeer elke liewe dag van my lewe nie hardop te dink aan my pa nie.

Soms hou ek my heeldag besig of ek slaap, maar sodra ek alleen is en stilsit, dan vat die verlange my. – V van C, WhatsApp

My innige meegevoel met die verlies van jou pa, liefie.

Dood is die een ding in die lewe waaraan ons as mens nooit gewoond sal raak nie.

Die pyn slaan diep en die verlange is ’n ander level van hartseer.

Dit is slegs met tyd wat die seer minder sal word.

Die verlange sal altyd daar wees, maar daar sal ’n tyd kom dat jy met ’n smile, pleks van hartseer, aan jou pa sal dink.

Tyd is ’n groot geneser. Wees sterk, byt vas en weet jou pa is altyd in jou hart.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters