11 dae gelede
Kind se pa wil eers bloedtoetse doen
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS ag maande swanger en die kind se pa het nou besluit hy gaan ná die geboorte eers bloedtoetse laat doen om vas te stel of dit wel sy kind is. Antie, dis die eerste keer dat so iets met my gebeur.

Ek is 100% seker dit is sy kind, want ek was net saam met hom.

Toe ons uitvind ek is swanger, het hy begin wegbeweeg van my.

Ek wil graag weet hoe ek hierdie situasie moet hanteer. Ons het net ’n fling gehad.

Dit is my eerste kind en sy tweede ene. – Swanger Mammie, Whats­App

Dié “fling” is beslis duurder as ’n pakkie Flings. Dis ’n lifelong verantwoordelikheid waarmee julle julleself opgesaal het.

Die soon-to-be daddy is nou ’n onwillige perd wat nie opgesaal wil wees nie. Laat hom die koste aangaan om hom verkeerd te bewys.

Pleks van die geld spend op die dinge wat julle kind gaan nodig hê, wil hy ’n punt in die wind bewys.

’n Kind is op pad wat nie gevra het om hier te wees nie. Dié kind moet na die beste van albei ouers se vermoëns voor gesorg word.

Antie hoop dat julle ná afloop van die vaderskapstoets verby die fling-gedagtes van julle eie issues sal kyk en die belange van daai kosbare mensie eerste sal stel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters