15 dae gelede
Kind se ma is elke naweek dronk
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK WAS drie jaar in ’n verhouding en my dogtertjie van 10 maande is daaruit gebore.

Haar ma drink haar elke naweek dronk. Ek het onlangs uitgevind my kind moes by ander mense oorslaap toe haar ma tot ounag gepaartie het.

My kind was op ’n tyd selfs siek omdat sy tot diep in die nag saam met haar ma moes rondloop.

Ek is so hartseer oor dié dinge wat my kind moet deurmaak. Ek wil my kind hê. Wat moet ek doen om toesig oor haar te kry?

Elke keer wanneer ek my kind besoek, is sy siek. Ek worry so oor haar dat ek op niks anders kan fokus nie. Hartseer Pa

Antie se hart bloei vir al die dinge wat daai kind van jou moet deurmaak.

Om só behandel te word deur jou eie ma is darem nie reg nie.

So, ek is bly dat jy dit oorweeg om volle custody oor jou kind te verkry.

Nes baie dinge in die land egter traag aan die gang kom, is dit veral vir ’n man nie maklik om volle toesig oor ’n kind te verkry nie.

Maar dis darem ook nie onmoontlik nie. Omdat jy regtig jou kind se belange op die hart dra, sal jy mos alles moontlik doen om haar uit daardie omstandighede te verwyder.

Jy sal jou tot die kinderhof moet wend en eerstens moet bewys dat jou kind se ma onbevoeg is om haar groot te maak.

Jy kan byvoorbeeld ooggetuies vra om verklarings af te lê oor gevalle van afskeping.

Skryf tye en datums neer wanneer julle dogter aan die genade van ander uitgelewer word terwyl haar ma gaan paartie.

Soveel horrific dinge gebeur deesdae met kinders.

Ouers kan hulle kinders eenvoudig nie meer goedsmoeds aan ander toevertrou nie.

Antie hoop natuurlik nie hiervoor nie, maar bewyse van emosionele of fisieke abuse sal ook jou saak versterk.

Jy sal dít natuurlik aan die hof moet bewys.

Hoewel howe nie diskrimineer teen mense op grond van hulle lewensomstandighede nie, sal die hof jou kind s’n dalk in ag neem.

Antie meen, watter ma vat haar baba tot ounag na haar suip-orgies? En dan is die baby nie eens vir die koue aangetrek nie. Die kind is veronderstel om in die veiligheid van haar huis te slaap.

Gaan spreek ’n maatskaplike werker by jou naaste kinderhof en hoor hoe jy die proses aan die gang kan kry om toesig oor jou kind te verkry.

Dit kan costly wees, veral as jy ’n lawyer ook moet aanstel.

Maar geld is irrelevant wanneer die well-being van jou kind in die gedrang is.

Doen alles in jou mag om seker te maak dat jou kind nie veel langer aan sulke nare­ omstandighede blootgestel word nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters