16 dae gelede
Kids se pa worry net oor hul ma
Auntie Mona
Auntie Mona  ~ ~

Liewe Antie Mona

EK SIT met ’n probleem en hoop Antie kan my help.

My kinders se pa wil glad nie betrokke wees in hulle lewe nie, maar hy wil aan wees by my. Hoe maak ek in so ’n geval? – Raadop Ma, WhatsApp

Hierdie is ’n jong wat net wil seks en kinders maak, maar geen verantwoordelikheid vir hulle wil aanvaar nie.

Hoeveel keer het hy jou nie al in die verlede met dieselfde slap riem gevang nie?

Dit klink vir Antie of jy darem nou finally ’n wakker pie-resep in die hande kon kry, want jy besef nou hy is net agter een ding aan.

Solank jy hom seks gee, sal hy in die omtes wees.

Dit is belangriker vir hom om ’n ereksie in hierdie lewe te kry as om ’n goeie pa vir sy kinders te wees.

Nou moet jy hom begin snoep, meisa. Dis tyd dat hy besef daai koekie van jou is nie ’n kêffie-stoep vir sy plesier nie.

Wat, dink hy dan jy is die Holiday Inn vir vleeslike genot?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters