17 dae gelede
Kids se pa bly haar los vir ander vroumense
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS ’n ma van twee kinders en het hulle pa gelos omdat hy ’n cheater is.

Ek het aanbeweeg, Antie. Hy onderhou sy kinders, maar hy los elke keer sy nuwe girlfriend en kom dan terug na my.

Ek vat hom elke keer terug, maar dan maak hy maar net weer dieselfde mistakes.

Elke keer kry hy vir hom ’n ander girlfriend en vergeet my dan.

Maar wanneer hierdie nuwe girlfriend hom dump, wil hy terugkom na my toe.

Dink Antie hy is lief vir my? Of is hy besig om my tyd te mors?

Ek is moeg van hierdie behaviour van hom. – Gatvol Mammie, Whats­App

As jy Antie vra, is dié man lief daarvoor om jou vir ’n gat te vat.

Jy is niks anders as sy bouncing ball nie. Die een waarvan hy conveniently gedagte kry as sy ander verhoudings nie uitwerk nie. Jy is daardie opsie as hy out of options is.

Sy tweede keuse. So, vir hoe lank wil jy elke keer hierdie man se comeback-plan wees? Jy weet hy gaan nie sy dinge laat staan nie.

Een van die grootste redes hoekom hy elke keer jou lewe deurmekaar kom krap, is om te verhoed dat jy iemand anders ontmoet en aanbeweeg. Dan gaan sy boekies mos heeltemal toe wees en dan is dit net die twee kids wat julle bind.

Hierdie man is nie lief vir jou nie. Hy mors met jou gevoelens en kry dit reg omdat jy hom die power gee om dit elke keer aan jou te doen.

Tensy jy besluit genoeg is genoeg, plak vasmaak en met jou lewe aangaan nie, sal hy aangaan om games met jou te speel.

Imagine ook net die expectations wat hy elke keer by julle kinders skep oor mammie en daddy wat nou saam is, en dan word hulle weer gedisappoint.

Dis tyd dat jy en die kids ’n slag stability in julle lewe kry.

Liewe Antie Mona

EK WEET nie wat om te doen nie, want my vriendin is baie siek en haar man is weg van haar af.

Hy lewe al vier jaar met sy jolmeid, ZP, en het geen skaamte nie. Ek worry oor my vriendin, want sy bly hospitaal-in en -uit.

Sy het kanker en hy is haar next of kin, want hulle is nog getroud.

Ek het nie ’n nommer van hom nie. Sy vrou het ook nie ’n nommer van hom nie. – Bekommerde Vriendin, WhatsApp

Antie is jammer om van jou vriendin en haar siekte te hoor.

Kom ons hou duim vas dat sy met haar behandeling hierdie uitdagings in haar lewe kan oorwin.

Dit is jammer dat haar man so missing in action is noudat sy hom die nodigste het.

Maar as hy nou al vier jaar missing is en julle geen kontak­besonderhede van hom het nie, klink dit vir my of hierdie man moeite doen om nie opgespoor te word nie.

Doen ’n bietjie speurwerk en sien of jy hom opgespoor kan kry. Social media is deesdae ’n fantastiese tool vir mense wat op soek na familie of vriende is.

Span dit in en, wie weet, hopelik kry jy hom so in die hande. Alle sterkte!


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters