9 dae gelede
Kids se ma verlang na man in die mang
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS B van die KFT. Ek en my kinders se ma, P, gaan al nege jaar uit.

In hierdie paar jare het ek P se hart al baie seergemaak.

Ek het P verneuk met een van haar vriendinne. Antie, ons het nie saamgeslaap nie, net gevry.

P het toe daarvan uitgevind. Daarna was dinge tussen my en haar nie meer dieselfde nie.

Ons het begin weglewe van mekaar af. Ek het saam met my vrinne begin paartie en laat huis toe gekom. Skielik het ons baie gestry.

Gryp

Ek het toe uitgevind P het op Facebook met iemand begin chat. Ek het haar daaroor uitgevra.

Aan die begin het sy gestry – totdat die persoon in die nag begin bel het wanneer ek al slaap.

Een aand het haar foon gelui toe ek nog wakker was, maar sy wou nie antwoord nie. Toe gryp ek die foon en praat self met die ou.

Hy sê toe vir my hulle twee het ’n ding aan. Ek vra hom toe waar hy bly, en dis toe dat hy my sê hy is in die tronk.

Ek het toe begin rondsoek en kom toe af op sy niggie se Facebook profile. Ek het vir haar ’n friend request gestuur.

Hierdie niggie kom toe met die hele sak patats uit.

Sy het gesê hierdie ou sit vir poging tot moord in die tronk.

Hy is tronk toe in die tyd dat ek verlief geraak het op P.

Antie, toe vind ek uit P het ook al sy ma-hulle gaan visit.

Die kuier by hulle was in die tyd dat ek haar verskoning gevra het vir al die dinge wat ek aangevang het.

Ek weet dit is te laat, want die koeël is klaar deur die kerk. Dis mos ’n feit: Spyt kom altyd te laat.

Antie, ek het toe maar vir haar gesê ek gaan nie in haar pad staan as sy voel sy wil graag aanbeweeg met haar lewe nie.

Ek is nou nog so lief vir haar, maar as sy nie meer vir my gevoelens het nie, kan ek niks daaraan maak nie.

As sy voel haar geluk lê by iemand anders, is dit fine so.

My kinders is ’n ander storie. Ek gaan sorg dat sy hulle nie uit my sorg vat nie.

Veels te veel dinge gebeur in vandag se lewe. Tronkvoëls verkrag kinders.

As sy wil trek, dan moet sy alleen trek. Aan die een kant wil sy nie trek nie, maar sy wil ook nie die ander man verloor nie.

Antie, sy sê sy is lief vir hom én vir my. Wanneer hy deesdae bel, worry ek nie eens meer nie. – via WhatsApp

Antie verstaan nie so lekker nie. Het hierdie twee mekaar geken voordat hy tronk toe is? Raak jy toe vir haar die second option, by wie sy nou twee kinders het?

Ek dink nie jou kinders se ma weet waarvoor sy haar inlaat nie.

Hierdie man is al nege jaar in die tronk. Daar gebeur dinge wat ’n mens laat verander.

Watter toekoms dink sy kan hy haar bied wanneer hy eendag uitkom? Mense met geen kriminele rekord kry dan nie werk nie. Wat gaan hom so special maak dat hy hier buite ’n werk sal kry?

Verder is die kans groot dat hy nie vir die full package in die ding gaan wees nie en die kinders gaan verwerp.

Is dié meisie dan so domverlief dat sy vir hierdie man die welstand en veiligheid van julle kinders agteruit sal skuif?

Jy kan nie aan albei kante van jou brood botter en jêm smeer nie. Sy sal haar mind moet opmaak oor waar sy wil wees.

As sy dit nie kan of wil doen nie, sal jy dit vir haar moet doen.

Hier worry ons nie meer oor die verlede nie, want hierdie meisie het gekies om jou vir jou dade te vergewe en voort te gaan met julle verhouding.

Maar nou het sy besluit om haar liefde te split: Die helfte daarvan is vir jou, en die ander helfte is vir hierdie tronkvoël.

Vir Antie gaan dit oor die kinders se belange. Hulle is veronderstel om die goud van julle lewe te wees.

Wat ook al gebeur die dag dat hierdie man vrygelaat word, daar moet seker gemaak word dat die kinders nie in ’n situasie beland waar hulle kan seerkry nie.

Dit lyk of jy dit so verstaan, maar verstaan jou girlfriend met die twee harte dit só?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters