9 dae gelede
Kids se dêrra steek net uit vir ’n spykersessie
 ~ 

Liewe Antie Mona

Ek is T (22) van K en weet nie meer wat om te doen nie.

Ek het twee dogtertjies, ’n tweeling. Hulle is nou drie jaar oud.

Ek en hul pa, N, is al vyf jaar saam.

Maar, Antie, vandat ons begin date het, het hy op my ge-cheat.

Ek het hom al in die kooi ook gevang met een van sy ekse.

Maar as ek saam met ’n ou staan en gesels, dan raak hy kwaad.

N verneuk my aanmekaar, maar ek is lief vir hom.

Hoe kan ek so lief wees vir iemand wat met my speel?

Ons sou in Desember getrou het, maar sy familie hou nie van my nie omdat ek bruin is.

Hulle is swart en likes dit nie dat ons kinders soos ek lyk nie.

Is dit reg om so rassisties teenoor my te wees?

My hart is baie seer. Ek soek maar net die beste vir my kinders.

Ek en N bring nie eens regtig tyd saam deur nie.

Ons is eintlik net saam wanneer hy wil seks hê.

Ek sien hom net wanneer hy dronk is. Wanneer hy nugter is, kan hy nie met my praat nie.

Wat moet ek doen? Ek is nog so jonk. – via WhatsApp

Jy is reg as jy sê dat jy nog bitter jonk is.

Veels te jonk vir hierdie drama.

Kom Antie kry die Nuwejaarspreek sommer vroeg agter die rug.

Dis waarteen Antie altyd waarsku: ’n geseks op ’n jong ouderdom bring onskuldige bloedjies in die wêreld wat nie vir al hierdie drama gevra het nie.

Ek hoop ander jong meisies lees jou verhaal en leer iets.

Jy is veronderstel om jonk en sonder worries jou lewe saam met jou tjommies te geniet.

Maar pleks daarvan sit jy nou met die probleme van die grootmenswêreld opgeskeep, heeltemal voor jou tyd.

Dit is duidelik dat hierdie man nie volwasse genoeg is vir die rol van vader nie.

Jy is vir hom net ’n tool om oor sy lus te kom.

Dis hoekom jy hom nie sien en hy nie kan boe of ba sê as hy nugter is nie.

Jy sal moet besluit vir hoeveel langer jy hierdie uitvreter se matras gaan wees.



Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters