15 dae gelede
Kerksuster steek my dat die bloed loop
Auntie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS J van M en is ag jaar getroud.

My vrou is ouer as ek en het drie kinders. Ek het ’n seuntjie wie se ma dood is. My vrou se kinders se pa lewe, werk en is fris en gesond.

Ek en my vrou stry baie. Sy wil net nie gesê word nie.

Ons sal vandag oukei wees, maar môre stry ons en gaan slaap dan kwaad vir mekaar.

As ons stry en ek gaan sit buite, dan bespreek sy ons probleme met haar kinders.

Sy het ’n lewenslange interdik teen my. Ek het al baiekeer in die tronk gaan slaap oor haar.

Sy maak haar net mooi as ek gaan werk en bly op haar phone. As ek vra om haar phone te sien, weier sy.

Sy vertel baiekeer hoe sy van my gaan skei en baie male moet ek haar soebat om nie ’n saak teen my te maak nie.

Sy praat mooi met ander mans en lyk altyd mooi as ek nie by die huis is nie.

Antie, sy gaan elke aand kerk toe, maar ek is onder steekwonde soos sy my met die mes steek.

Sy dreig ook dat ek nog in my eie bloed gaan versmoor. Ek is steeds baie lief vir my vrou.

Ek het nie getrou om te skei nie, maar ek weet nie meer wat om te doen nie. – J van M, WhatsApp

Jy het nie getrou om te skei nie, maar het jy getrou om eendag deur jou vrou vermoor te word? Hoeveel keer moet sy jou dan nog met die mes steek voordat jy besef jy is net een messteek weg van jou dood af?

Antie weet darem nie. Dié vrou klink dan soos ’n elke-dag-kerk-toe-gaan-duiwel. Ek is ever sorry, maar as ek ’n man was, sou ek beslis nie saans langs so ’n vrou aan die slaap wou raak nie.

Jy sê sy wil nie gesê wees nie, maar is hierdie maybe daai chauvinistiese stront wat jy op haar wil afdruk?

Daai goed van die man praat alleen en die vrou moet net haar mond hou en gehoorsaam wees?

Hoe kry jy dit reg om selfs net jou oë toe te maak, wetend jou vrou kan jou in jou slaap doodmaak?

Liefie, jy word abuse. As ’n man is dit dalk vir jou moeilik om te erken jy is jou vrou se steek-sak, maar dit is die reality­.

Dan het sy nog die fine cheek om jóú elke keer tronk toe te pos?

Wat haar mooimaak-dae betref, as jy in die werk is, kan daar verskeie redes voor wees: Óf sy vul haar dae met selfies vat óf sy maak haar mooi vir ’n ander man. Dít kan ook explain hoekom sy so nasty met jou is.

Nog nooit daaraan gedink om ’n dag leave in te sit, te maak asof jy werk toe gaan en dan te check wie kom kuier as jy in die werk is nie?

Dan weet jy wat klap vir wat. Of wie steek vir wie. (Natuurlik nou nie met die mes nie.)

Antie moet natuurlik byvoeg dat ons net jou version van events het en nie jou vrou s’n nie. Niemand hou egter ’n gun teen jou kop om in hierdie huwelik te bly nie.

Ja, jy’t nie getrou om te skei nie, maar moet jou kind eendag sonder sy pa grootword?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters