2 maande gelede
Karate-ou kan nie vaste werk losslaan nie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN L leef nou al amper 10 jaar saam.

L het in dié jare nog nooit ’n vaste werk langer as ’n jaar gehad nie.

Alles is kontrakwerk. Hy ly aan ’n rugprobleem weens ’n ou karate-besering.

Hy drink ook verskriklik as hy geld het.

Ek is lief vir die man en ek is ook ’n paar jaar ouer as hy.

Ek raak net flippen moeg en voel ek mors my tyd.

Gee raad, asseblief. Moeg van Karate-man, WhatsApp

So, hy karate nou die drankbottel, pleks van om ’n vaste werk los te karate?

Liefie, drank is nie ’n verskoning vir enige besering nie – as hy dalk te kenne sou wou gee hy drink om die pyn te stil.

Watter future kan daar vir julle wees as hy nie standvastigheid in sy lewe het wat werk betref nie?

Dit is tyd dat jy hom sê hoe jy oor sy drinkery voel.

Die geld wat hy so uitdrink, kan mos beter aangewend word.

Tans is hy besig om die liefde wat tussen julle is, weg te “karate” en dit kan groot probleme tussen julle veroorsaak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters