13 dae gelede
Kar belangriker as huis vir 2 minute-noodle man met 4kids
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK WIL net weet of dit reg is vir ’n man om 13 jaar lank so te sê net kosgeld te gee.

Hy gee nie eens geld vir klere nie. Ek werk nie op die oomblik nie. Hy wil ook nie ’n huis koop nie, want hy wil eers ’n kar besit.

Ons het vier kinders met wie ons in ’n Wendy-huis moet bly.

Ek kan nie verstaan dat hy so moet redeneer nie. Hy treat my ook nie soos ’n vrou nie.

Soms wonder ek of ek nie net daar is vir seks nie. Dit is nie eens lekker nie, want hy is ’n two minute noodle– Moedelose Vrou, Whats­App

Dis darem baie stront wat jy moet opeet van Meneer Twee Minute, nè?

Om met ’n kar spoggerig rond te ry, is vir hom belangriker as om ’n ordentlike dak oor sy family se kop te sit.

Met die rondryery sal daar seker nog ’n jollery ook uitbreek.

Vrou, om 13 jaar so vermaak te word, is nie reg nie. Dis tyd dat jy jou voet neersit en selfs die koekie op sloerstaking sit totdat jy jou wishes kry.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters