3 maande gelede
Kaap is hollands as sy haar eks bel
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my boyfriend is nou al jare saam, maar nie getroud nie.

Hy het twee kinders en twee kleinkinders en gee hulle goed agteraf sonder my medewete.

Dan bel hy ook sy eks en sê hulle praat oor die kinders. Maar hulle kinders is al groot.

Maar as ek net my eks bel, dan is die Kaap Hollands. Elke keer het ons ’n skellery oor sy eks. Dalk moet ek hulle maar los? Dalk is ek verkeerd? Ek weet nie meer nie. – Moeg van Skel, WhatsApp

As sy kinders al groot is, beteken dit julle albei is ook al mooi groot. Wat weer beteken julle het nie meer die reg om soos teenagers oor onbenullighede te stry nie.

Hoekom los julle nie maar eerder mekaar nie? Dan hoef jy mos nie meer so moeg te wees oor ál julle rusies nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters