2 maande gelede
Jý sal krummels kry as jy ’n threesome opdish
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK GLO daaraan dat elke mens in ’n verhouding ’n gesonde sekslewe moet hê. Die lewe is mos darem net te kort om vervelige seks te hê.

Gelukkig vir my is my vrou heeltemal bereid om nuwe dinge in die slaapkamer te probeer – of­tewel die meeste wat ek voorstel.

Sy kan lekker kreun en steun en hou daarvan om styles te seks.

Maar daar is een ding wat ek haar nou al jare probeer oortuig om te doen – ’n threesome.

Sy stel egter eenvoudig nie hierin belang nie, al weet sy dit is my ulti­mate fantasy.

Ek het dit al met een van my vriende bespreek. Hy is meer as bereid om deel te neem, maar vroulief wil niks weet nie.

Baie lief

Antie, sy sê sy sal enige iets anders saam met my doen, net nie dít nie.

Kyk, ek is baie lief vir my vrou en ek is seker sy is ook lief vir my. Maar sy is duidelik nie lief genoeg vir my om hierdie ulti­mate fantasy van my nou ’n reality te maak nie.

Ek wil graag Antie se mening hieroor hê. Tease sy my net?

Sal ek my vrou ooit daarvan kan oortuig om dit net één keer ’n try te gee? Kinky Ou, WhatsApp

In al hierdie jare dat Antie dié rubriek doen, is jy seker (nee, beslis!) die ondankbaarste mens wat ek al ooit teëgekom het. Daar is definitief baie mans daar buite wat smag na net die helfte van die slaapkamer-aksie wat jy geniet.

Maar, nee, jou soeke na meer het geen perke nie.

Is dit dan so moeilik om jou vrou se siening te verstaan en te respekteer?

Jy behoort jou sterre te dank vir so ’n slim vrou wat besef haar huweliksbootjie kan in troebel waters beland as sy jou spulse versoek entertain.

Oor die jare was daar sommer baie mans wat gekla het oor threesomes wat toe glad nie uitgedraai het soos wat hulle gehoop het nie.

Waar daar drie partye betrokke is, gáán iemand afgeskeep word.

As jy Antie vra, sal dié persoon jý wees. Jy gaan dikbek moet toekyk hoe jou vrou haar saam met ’n ander man geniet.

En dan gaan daai jaloerse stemmetjie in jou kop begin praat en jou allerhande dinge laat sien wat glad nie waar is of bestaan nie.

Spulsheid kan julle mansmense laat tokkies vang. Dit kan allerhande onnodige spanning­ in jou huwelik veroorsaak.

Niks gaan meer dieselfde wees nie. Dit kan lei tot die totale verbrokkeling van julle huwelik.

En dan sit jy straks sonder ’n vrou wat so uit haar pad gegaan het om jou alles in die kooi te gee.

Jou vrou kan al hierdie gevare sien en weier daarom om deel te wees van iets wat dié lekker huwelik kan laat verbrokkel.

Hoekom kan jy dit nie ook sien nie? Is jy dan so blind?


Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters