8 dae gelede
Jy kan nie nog ’n dag op jong mors
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS S van die Oos-Kaap en is in ’n verhouding.

Ek het vier kids, maar ek is nie so seker oor my verhouding nie.

My kinders se pa vermaak my met alles wat hy gee. Hy skel my ook baie lelik op straat uit.

Dan skel hy dat ek my klere moet vat en f*kk*f. Dit maak my baie seer en as ek met hom daaroor praat, dan luister hy nie.

Hy slaan my en maak my sleg by sy vriende. Ons woon al 16 jaar saam. Wat moet ek maak om die probleem op te los? – S van die Oos-Kaap, WhatsApp

Vrou, as jy nou nog nie weet dat jy al 16 jaar in ’n abusive verhouding is nie, dan bring Antie dit nou onder jou aandag.

Antie wil dan ook sommer wegspring deur die hoop uit te spreek dat 2020 die jaar gaan wees waarin jou oë oop sal gaan.

Jy mors jou tyd met hierdie man. Sestien jaar al. Weet jy hoeveel dae is daar in 16 jaar? Dis 5 844 dae met die leap years se ekstras ingesluit!

Jy is nou al duisende dae besig om jou tyd te mors met ’n ding wat jou nie respekteer nie, wat sy hande vir jou lig en jou emosioneel afbreek. Derduisende dae lank al entertain jy die etter se papbroek-gedagtes.

Hoekom? Het jy nog nie in 5 844 dae tot die besef gekom dat jy beter verdien nie? Wil jy die volgende 5 844 dae sit en wag totdat hy tot inkeer kom?

Die kanse dat ons nooit weer load shedding gaan hê nie, is groter as die kans dat hierdie ding ooit sy dinge sal laat staan. Jy moet maak dat jy wegkom, voordat dit te laat is. Jy sal nie kan wakker skrik as hy jou die dag doodgeslaan het nie. Jy is immers nie familie van Lasarus nie. Wat gaan van jou kinders word?

Gaan hulle oorgelaat word aan die genade van hierdie robbies?

Dis 2020, ’n nuwe dekade waarin g’n vrou meer ’n lamsak hoef te entertain nie. Kry jou en die kinders uit daai slaansak-verhouding.

Begin weer in jouself glo en dat jy en jou kinders die reg het om ook geluk te proe. Jy het genoeg dae gewaste op hom.

Liewe Antie Mona

EK EN my meisie is nou vyf jaar saam en het ’n pragtige seuntjie van drie jaar oud.Ons wil graag trou, maar wil nie iets groots hê nie. Net my huismense en haar huismense.

Ek wil weet of Antie nie nommers het van plekke wat bekostigbaar is vir ’n troue nie, asseblief? – Oom T, WhatsApp

Trou was nog nooit en sal ook nooit perdekoop wees nie. Dit kan nogal ’n duur affêre wees.

Loer ’n bietjie op die internet rond vir affordable plekkies. Onthou, ’n klein onthaal by iemand se huis behoort ook nie te duur uit te werk nie.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters