4 maande gelede
Jong man wil abusive ma nou begin expose
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

MY NAAM is T en ek is van MP.

Antie, ek soek raad met my ma wat my elke dag abuse.

Ek is 28 jaar oud, bekeer en nou net mooi moeg van my ma se abuse.

Ek wil haar in die koerante expose vir die dinge wat sy aan my doen.

Antie, ek het nou onlangs ’n meisie in die kerk ontmoet en wil graag hê ander mense moet my ook help.

Hulle kan my kontak by ... –T van MP, WhatsApp

En dit is net daar waar Antie die lorrie gaan park.

Jy brei nie juis uit oor watter abuse jy onder jou ma deurmaak nie.

Maar Antie wil net die volgende vir jou sê: Jy is nou al 28 jaar oud en bly na alle waarskynlikheid nog onder jou ma se dak.

Dis hoog tyd dat jy jouself help. Dis tyd dat jy op jou eie voete staan en ’n plek van jou eie kry.

Dan sal jou “probleme” mos iets van die verlede wees, of hoe?

Deur jou ma in die koerante te wil sit, gaan jy jouself eintlik net expose as die voëltjie wat nou al die jare nog nie geleer het hoe om sy vlerke te sprei en uit die nes te vlieg nie.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters