Verlede maand
Joller wat ek is, hoor my vrou is die local hottie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK LEES elke dag die raad wat jy vir die mense gee.

Ek dink jy is eerlik en gee goeie raad. Ek hoop jy sal my kan raad gee vir my probleem.

Antie, ek is nou 15 jaar getroud met my vrou, E, en ons het twee seuns in die laerskool.

Ek het al van voor ons troue af verhoudings met verskeie vroue gehad, maar net een op ’n slag.

So, ek sien dit nie as ’n probleem nie, want ek werk baie weg van die huis af en doen my dinge in ander dorpe.

My probleem as dat ek onlangs uitgevind het my vrou is die local hot wife.

Daar is elke aand as ek weg is ’n paar besoekers.

Ek is lief vir haar en wil haar nie verloor nie, maar ek kan nie te veel vingers wys nie, aangesien ek self nie ’n engel is nie.

Maar wat darem te erg is, is te erg.

As ons in ’n groter dorp gewoon het, kon ons miskien ’n swingers club of iets gejoin het, maar die kommin dorpie van ons het nie sulke goed nie. – P van JV

Antie reken jou vrou is nie so dof soos wat jy gedink het nie.

Sy weet van al jou dinge en het toe besluit om dieselfde ding te doen.

Dit maak egter wat julle albei doen, nog glad nie reg nie.

Op die ou einde het julle twee pragtige kinders wat nie gevra het vir ouers wat in hulle huwelik rondmors nie.

Dink jy regtig dat ’n groepwoeps-klub net die regte oplossing vir julle tweetjies sou wees?

Om te sien hoe ’n ander man jou vrou bykom (en hoe sy dit geniet) sal net groter probleme vir julle huwelik veroorsaak.

Hou op soek vir probleme wat kon gebly het.

As jy regtig lief vir jou vrou is, soos jy te kenne gee, sal jy alles moontlik doen om jou huwelik te red.

En dit sluit in ophou in jou huwelik rondmors en weer seker maak dat jul tweetjies net tyd vir mekaar het.



Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters