2 maande gelede
Is nr. 2 ná 21 j. nou op pad?
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS ’n 44-jarige vrou. Ek en my man is al 11 jaar bymekaar.

Ek het ’n kind uit ’n vorige verhouding. Die kind is al 21 jaar oud.

Ek en my man het al probeer vir ’n kind, maar niks het gebeur nie.

Nou is ek al drie maande sonder my maandstonde. Al die simptome is daar dat ek swanger is.

Ek is bang ek slaan my naam met ’n plank.

Ek het ’n swangerskaptoets gedoen. Dit was negatief.

Help my, asseblief? via WhatsApp

Net omdat jou toets negatief was, beteken nie jy is nie swanger is nie. ’n Dokter sal kan bevestig of dit wel so is.

Vergeet maar die plankgedagtes van jou. Hier gaan dit oor baie meer.

As jy wel swanger is, moet dit nie ’n surprise wees nie. Jy moet prenatal voorbereidings tref om seker te maak niks skort met die baby nie. Jy moet byvoorbeeld kliniek of gynae loop.

As jy nie swanger is nie, moet daar steeds gekyk word of jou menopousejare nie dalk kop uitgesteek het nie.

Antie sê weer: Slegs ’n dokter kan al hierdie vrae van jou beantwoord.

Sit jou plank weg!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters