6 maande gelede
Hy's net haar spyker-buddy
 ~ 

Liewe Antie Mona

Ek is G en was onlangs in ’n verhouding met K.

Sy het my verneuk. Nie net een keer nie en ek het besluit om maar aan te beweeg.

’n Week gelede het ek haar egter gespyker. Ek het toe probeer om haar nóg ’n kans te gee, maar sy sê ek is net haar spyker-buddy.

Ek luister na haar as sy ’n oor nodig het en troos haar wanneer ek moet. Maar wat van my? Ek wil iemand spesiaal in my lewe hê. Maar ek kan nie, want ek het steeds gevoelens vir haar. via WhatsApp

Vir solank jy met haar slaap, sal jy nie kan aanbeweeg nie.

Hou dus op spyker-buddy speel as jy opreg op soek is na iemand spesiaal.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters