8 dae gelede
Hy wil threesome met girl en eks hê
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

DIE ou wat ek op die oomblik date, wil ’n threesome hê.

En nie net enige threesome nie, Antie – met sy eks.

Ek het eers gedink hy maak ’n joke omdat hy lekker dronk was.

Maar die man hou dan nou al ’n hele paar weke dik.

Antie, ons gaan nou so sewe maande uit en ek is baie lief vir hom.

Hy was aan die begin eerlik en het my vertel dat hy en sy eks gereeld met ’n vriend van hulle seks gehad het.

Ek het gedink hy is oor hierdie dinge, want hy het dit nooit voorheen genoem nie.

Maar nou weet ek nie wat om te doen nie.

Ek het nog nooit voorheen sulke goed aangevang nie en ek is nie gemaklik daarmee nie.

Hoe kan ek hom laat verstaan dat ek in vir dit is nie?

En hoe maak ek seker hy drop my nie?

Ons seks is wonderlik, maar ek wil nie nog ’n man in die prentjie bring nie.– C van B, WhatsApp

Liewe George. Liewe Georgina!

Is dit dan nie nog te vroeg in die jaar om met sulke dinge hoef te deal nie?

Nee kyk, Antie kan maar elke liewe dag van die jaar oude doos genoem word, maar dit is darem ’n vreeslike ding waarmee jy moet deal. Veral omdat jy nie gemaklik daarmee is nie.

Maak nie saak hóéveel keer jou boyfriend in die verlede sulke dinge aangevang het nie, hy moes teen die tyd mos nou al besef het jy worry nie met sulke goed nie.

Threesomes is nie vir almal nie. In baie gevalle is dit mans wat uiting aan só ’n fantasie wil gee.

Weinig kry jy ’n vrou wat uit vrye wil aan so ’n gedoente wil deelneem. Tensy sy net haar man wil please.

As jy nie gemaklik met sy voorstel is nie, moet jy hom so laat verstaan.

G’n mens deel sy waslap of tandeborsel met iemand anders nie. Hoekom sal hy jou dan met sy vriende wil deel?

Vir my kom dit daarop neer dat hierdie man geen liefde of respek vir jou het nie en jou net gebruik om uiting aan sy seksuele fantasieë te gee. En as hy jou dan wil los, laat dit so wees.

Jy is nie ’n 50c wat van die een man na die ander moet gaan nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters