16 dae gelede
Hy wil niks van kind weet nie, sy moet net aborsie kry
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET die brief gelees van Vrou Wat Omgee.

Ek is swanger. Die pa het straight gesê ek moet vir ’n aborsie gaan.

Hy sê hy het nie die geld om ’n kind groot te maak nie.

As my situasie anders was, kon ek die kind dalk alleen grootgemaak het, maar ek kan nie.

Ek weet nie wat om te doen nie, en die pa wil skaars met my praat.

Vir my ouers moet ek lieg oor die pa, wat niks met my te doen wil hê nie.

Ek glo ’n kind het ’n ma en ’n pa nodig. – Hartseer, WhatsApp

Liefie, weet jy wanneer hy weer vir jou gaan tyd hê? Die dag dat jy daai aborsie ondergaan het.

Dan sal hy weer lovey-dovey wil wees en wil uitsteek vir ’n kuier. Onder meer.

Die feit is: Noudat jy deur hierdie drama gaan, is hy nowhere to be seen om jou te ondersteun nie.

Die feit is: Hy was net so game om unprotected seks met jou te hê, maar nou kry hy ewe skielik gedagte dat hy nie geld het om ’n kind te support nie.

Antie voel as hy te cheap is om geld op condoms uit te gee, moet hy maar ver wegbly van seks af. Seks is duidelik nie vir hom nie.

Ook nie om mans genoeg te wees en vir ’n ding te staan nie.

Wat hy jou baie duidelik gewys het, is dat hy ’n swak ou is.

Antie kan maar net hoop jou oë het oopgegaan en dat jy hom sien vir die lafaard wat hy is.

Hoekom worry jy nog oor of só ’n jong gaan kom kuier? Wil jy regtig nog iets aanhê met ’n jong wat in jou uur van nood die een ná die ander verskoning opdis oor hoekom hy nie manenough kan wees nie?

Antie gee nie om hoe sexy hierdie man is of hoe lam hy jou knieë maak nie.

Hy is ’n lam man. Lam van gees en lam van commitment.

Besluit wat jy gaan maak: Gaan jy die kind behou, laat aborteer of laat aanneem?

Dit is jou keuse dié en joune alleen. Hy kan jou nie met sy pay-pakkie-gedagtes kom force om iets te doen wat vir hom van benefit gaan wees nie.

Hy is ’n bewys dat broke-gat etters nie eintlik seks moet hê nie.

Maklik is hierdie besluit nie, Antie weet. Maar wat jy ook al besluit, dit moet iets wees waarmee jy vir die res van jou lewe kan saamleef. Sterkte.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters